TUIS
Bees-filet met bloukaassous

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Bees-filet met bloukaassous
(bedien 3)

George's on 4th, in Parkhurst, Johannesburg is die afgelope 9 jaar al bekend vir hul jong en lewendige atmosfeer. Eienaar Richard Day beskryf die restaurant as een vir fyn disse in hedendaagse New York-styl met Suid Italiaanse, Franse en ander Europese invloede. Vir Pasella het George's on 4th hierdie heerlike beesfilet met bloukaassous voorberei.

3 x 220 g bees filette (grootte is nie so belangrik nie, kies 'n stuk wat vir jou groot genoeg is)
sout en peper na smaak
500 ml vars room
100 g gorgonzola (of enige ander bloukaas)
handvol bronslaai (‘watercress’), rofweg geskeur
50 g okkerneute

Geur die filette met sout en peper en rooster volgens voorkeur. Maak die sous deur al die bestanddele in 'n pot te prut vir sowat 10 minute. Roer elke nou en dan. Bedien, indien verkies, op vars roketblare, saam met geroosterde tamaties en aartappels. Besprinkel met sous en rond af met 'n stukkie bloukaas en vars bronslaai.





Kliek hier om ons kookboek te bestel