TUIS
Belgiese Mossels

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Belgiese Mossels
(bedien 1)

Cilantro is die Spaanse woord vir Koljander, 'n spesery wat gereeld in Mediterreense en Oosterse geregte gebruik word. Dit is ook die naam van nog een van die unieke restaurante in Parkhurst se bekende 4 de Laan. Eienaar Jeff Miller nooi gaste vir 'n viering van goeie kos, wyn en geselskap. Sjef Lesley Phetlhe het hierdie hoofgereg vir Pasella voorberei.

½ k uie, fyngekap
½ k preie, fyngekap
½ k seldery, fyngekap
½ e knoffel, fyngekap
1 e Cajun speserye
1 e gemengde speserye
2 e olyfolie
1 – 1½ koppie water
200 ml witwyn
100 ml suurlemoensap
50 ml room
knippie sout
16-20 mossels
2e sitroengras, fyngekap

Braai die ui, prei en seldery, knoffel en al die speserye saam tot gaar in olyfolie. Voeg dan die water, witwyn en suurlemoensap by. As die sous begin kook, kan die room bygegooi word. Voeg laastens die mossels by en kook tot hulle oopmaak. As hulle slegs effens oopmaak, forseer hulle 'n bietjie oop, maar die mossels wat nie oopmaak nie, moet weggegooi word. As die mossels begin oopmaak, voeg die sitroengras by, dit moet nie te lank gekook word nie en dus is dit beter om aan die einde by te voeg. Bedien met 'n matige-mayonnaise en aartappelskyfies.





Kliek hier om ons kookboek te bestel