

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!
Eiermandjie
(bedien 2)
Carla Edgar het 'n visie gehad vir 'n gemaklike en rustige koffie- en boekwinkel. Die resultaat, Nice Restaurant en Boekwinkel in Parkhurst, Johannesburg. Vir Pasella en kuiergas Ruda Landman het hoofsjef George Mushwana hierdie interessante ontbyt gemaak.
Mandjie
1 e botter
4 snye brood
Vulsel
2 rooi uie, fyngekap
1-2 knoffelhuisies, fyngekap
½ t brandrissie, fyngekap
½ t vars gemmer, fyngekap
1 e olyfolie
handvol rosa-tamaties, gekap
8 repies spek, gebraai
4 eiers, geposjeer
2-3 e parmesaankaas,
gerasper
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Verf vier gaatjies in 'n diep kolwyntjiepan met botter. Druk 'n sny brood in elkeen. Bak ongeveer 3-5 minute tot dit mooi bruin is. Braai die ui, knoffel, rissie en gemmer in die warm olyfolie. Wanneer sag en ligbruin, voeg die tamaties by. Laat dit prut totdat dit 'n dik souserige tekstuur het. Plaas die eiers in die mandjies, gevolg deur die spek en dan die tamatiemengsel. Rond af met 'n bietjie parmesaankaas.