TUIS
Al Capone

Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!

Al Capone
(Maak 1 pizza)

Die Al Capone is 'n baie gewilde pizza en neem sowat 15 minute om voor te berei. Full Stop Bistro, nog 'n gewilde restaurant wat aan Parkhurst sy atmosfeer gee, spesialiseer in pizza's, beesstert en lamskenkels. Die restaurant is 365 dae 'n jaar oop en hul leuse 'Where good food and people mix' dien as die beste beskrywing van die atmosfeer.

Vir die bolaag
100 g tamatiepasta
200 g mozzarella-kaas, gerasper
50 g salami fyngekap
50 g sampioene, gesny
1 groen soetrissie, fyngekap
½ ui, fyngekap
50 g spek, fyngekap
1 t brandrissie, fyngekap

Vir basis
300 g meel
5 g gis
1 k melk
1 t suiker
½ t sout 50 ml olyf olie

Voorverhit oond tot 200 ºC. Meng al die bestanddele vir die deeg-basis in 'n mengbak tot dit glad en egalig is. Knie die deeg goed en laat rus 30 minute. Rol die deeg uit (redelik dun) en sny in ronde vorms. Plaas die bolaag se bestanddele op, begin met die tamatiepasta dan die kaas en dan al die ander bestanddele. Bak die pizza 5 tot 10 minute in die oond. Sny in kwarte en bedien.





Kliek hier om ons kookboek te bestel