


Let wel: Al die resepte wat op Pasella se webwerf verskyn, kom van die betrokke sjef/s of restaurant/instansie waar ons die storie skiet. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dat dit reg aangeteken word, maar aanvaar geen verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie. Lekker speel in die kombuis!
Swartwoudbruintjies met mokka-ganache
(maak 12)
Sjef Antoinette Edson van die luukse Dock House boetiekhotel by die V&A Hotel in Kaapstad het hierdie nagereg vir Pasella se Moedersdag-gaste voorberei. Sy kook al 9 jaar lank en geniet dit veral om nageregte en pasteierige lekkernye te maak.
BruintjiesBruintjies Voorverhit die oond na 150 ºC en voer 'n vierkantige bakpan uit met bakpapier. Smelt die sjokolade saam met die botter in 'n dubbel-koker. Verwyder die pitte van die kersies en kap rofweg. Klop die suiker en eiers saam en voeg dan die effens afgekoelde sjokolademengsel en die kirsch by. Gooi die meel, sout en bakpoeier by die sjokolademengsel en meng dan versigtig die kersies by. Sprei die mengsel eweredig oor die bakplaat en bak ongeveer 30-35min. Verwyder van oond en laat dit afkoel in die bakpan. Maak die Mokka-ganache en plaas in koelkas tot dit ferm is. Wanneer dit reg is, klop die ganache totdat dit dik is en versier die bruintjies. Sny die bruintjies in 12 driehoeke (grootte en vorm volgens voorkeur) en garneer met ekstra kersies.
Ganache Verhit die room en koffie saam in 'n pan en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die fyngekapte melksjokolade by. Plaas in yskas tot dit dik en ferm. Klop die ganache en versier dan die bruintjies daarmee.