SABC Logo
 
Pasella SABC2
Die animasie-karakter Moemin verskyn nou ook in boekvorm
en jy kan van die boeke wen!

Kliek hier om in te skryf.
Groen Thai Hoender en Garnaal Kerrie
Groen Thai Hoender en Garnaal Kerrie ››
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kosblik vir volwassenes
Kosblik vir volwassenes ››
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
Adverteer Hier
 

groenteterrien

le creuset

Groenteterrien

amor

"Hierdie is ‘n lekker voorgereg of vingerhappie. Dit vat miskien effe lank, maar onthou, al jou werk word gedoen voor jou gaste arriveer. Omdat dit vegetaries is, werk dit ook goed voor ‘n braai. As jy nie lus het om die terrien te maak nie, die groentemengsel werk ook heerlik as ‘n slaai."

2 rooi soetrissies

2 groen soetrissies

6 courgettes (in skyfies gesny)

3 eiervrugte (in skywe gesny)

½ k olyfolie

2 e tiemieblare

2 e pietersielie (gekap)

1 t gekapte knoffel

witbroodsnye, korsies verwyder

Rooster die soetrissies onder die roosterelement van jou oond terwyl jy gereeld draai sodat dit oral effe verswart. (Jy kan dit ook oor ‘n gasvlam of selfs ‘n oop vuur doen). Bind die soetrissies toe in ‘n plastieksak en laat om koud te word (dit help dat die velle maklik verwyder kan word). Haal dan uit en verwyder die velle. Sny in kwarte.

Braai die murgpampoentjies en eiervrug in ‘n bietjie olie tot sag. Kombineer die soetrissie, murgpampoentjies en eiervurg. Meng die olyfolie, tiemieblare, pietersielie en knoffel. Geur met sout en peper en gebruik om die groente in the marineer vir so ‘n paar uur of oornag in die yskas.

Voer 'n langwerpige broodpan uit met kleefplastiek, laat dele oor die kante van die pan hang. Pak die onderkant vol witbroodsnye. Volg met ‘n laag groente, pak dan afwisselend met meer snye brood. Eindig met snye brood aan die bokant. Vou die kleefplastiek toe en plaas oornag in die yskas met 'n snyplank met swaar voorwerp bo-op. Bedien, in snye as voorgereg of soos ons as kleiner vingerhappies op ‘n stokkie.


Kliek hier vir die Engelse weergawe van Amor se resep.


Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Pasella Tuiskok
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Stem en Wen
Wat wat jou gunstelingstorie in die SKAT program?
Durban Botaniese Tuin
Dassies op Tafelberg
Moemin-animasiereeks en skattejagpartytjie
Nicholis Louw
Naam:
ePos:
Stem nou Stem uitslae
Wenvideo
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development