|
Die kuns van bonsai dateer ongeveer 2000 jaar terug en dis niks vreemd vir iemand om ‘n bonsai-boompie aan te hou nie. Gail Theron het egter nie by een, twee of selfs tien bonsai-boompies gestop nie. Die dame het tans ‘n versameling van 2000 bonsais by haar kwekery in Constantia. Sasha-Lee besoek haar kweekery en leer van die kuns van bonsai-boompies. Dis Pasella, Woensdae om 19:30 op SABC2. |