Hierdie week op Pasella vier ons drie dinge wat Kersfees spesiaal maak, en een van dié dinge is natuurlik kos. Met dit in gedagte, maak ons ‘n bobaas-kersfees-ete saam met tv-kokke Ashley en Christin in Manenberg. Nefie en niggie, Ashley van Heerden en Christin Daniels het grootgeword in ‘n huis in Manenberg waar daar dikwels en lekker gekook geword. Hulle het hierdie jaar aan ‘n realiteitskookprogram deelgeneem en omtrent beïndruk met die geregte wat hulle na die tafel toe bring. Ashley is ‘n projek-ontwikkelingsbestuurder, terwyl Christin ‘n risiko-bestuurder is. Dis vir hulle belangrik dat die wêreld moet weet dat Manenberg beslis menige sukes-stories oplewer. Op die spyskaart is Tamatie Bredie en 'n Pannekoek Koek. Dis Pasella, Woensdag 19:30 op SABC2. |