Dis ‘n feesvier-Pasella dié week – met Kersfees om die draai. Drie van die belangrikste bestandele vir hierdie tyd is om terug te gee, samesyn met geliefdes, en lekker kos. Die TV-kokke, Ashley & Christin sorg vir heerlike ‘Kersfees-resepte’. Ons hang ‘duisende liggies’ in Danville vir ‘n Kersfeespartytjie saam Liane Heyl. Laastens kuier ons saam met die sangpaartjie Wynand & Chereé vir wie ‘n fees-seisoen saam met ‘familie’ ‘n hoogtepunt bly. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC 2. Bedankings: Danville Liggiehuis
|