Pasella leer van die rieldans

20 Maart 2019

Die rieldans dateer terug tot die 1940’s en 50’s toe dit veral plaaslike gedans is, maar die oorsprong van die vastrap gaan terug tot by die Khoisan, wat dit een van die ouste danse in suider-afrika maak. Dit sluit die  namaak van verskillende diere in met bewegings soos die meerkat, bobbejaan, skoenlapper ens. 

Die eerste nasionale rieldans-kompetisie deur die ATKV is in 2006 aangebied met ‘n deelname van sowat sewe groepe. By die 2018 kompetisie het ‘n volle 89 groepe in verskillende ouderdomsgroepe gedans dat die stof staan. 

Kom dans saam met Pasella, Woensdag 20 Maart 2019 om 19:30 op SABC2. 

Foto deur Jean du Plessis.