In episode 22 doen Pasella drie lekker kinder-aktiwitieite saam met uitblinker-kinders. Elf-jarige Kosie van Boksburg het geen formele musiekopleriding nie, maar het sy eerste CD opgeneem toe hy slegs ses jaar oud was. Die album is ook in 2015 benoem vir ’n Ghoema-toekenning in die kategorie: ‘Beste Boeremusiek-album’. Kosie is ’n erelid van die Boeremusiekgilde van Suid-Afrika. Sy nuutste album is in 2018 vrygestel – Konsertina Kaskenades. Dis nie elke dag wat jy hoor van iemand wat al op vier jaar die kitaar optel en op ses ‘n album opneem nie. Kosie se vingers jeuk vir al wat ‘n instrument is – en op 11 is die man vuurwarm met sy boere-musiek-klanke. Hemelbesem ontmoet dié jong legende en saam gaan ontmoet hulle die Bright Young Chefs, wie vir hulle 'n ding of twee in die kombuis wys. Maak seker jy mis nie diégroot pret nie, Woensdag 19:30 op SABC2. |