Banting kom van die eerste banter, ene William Banting, ‘n begrafnisondernemer van Brittanje, wat in die 1800’s met groot sukses vetjies afgeskud het met ‘n lae koolhidraat, hoë vet dieet. Prof. Tim Noakes het die afgelope vyf jaar ‘n revolusie in Suid-Afrika maar ook die wêreld laat losbreek rakende die manier waarna ons na tradisionele diete en daaglikse kos-inname kyk. Daar mag gemengde gevoelens oor die leefwyse bestaan – maar dat dit vir baie mense positiewe resultate oplewer – kan mens ook nie mee stry nie. Sasha-Lee gesels met die Prof. by 15 on Orange en sy besoek ook 'n vegan bakkery, Banting Baking Gigi, waar sy 'n paar heerlike happies toets. |