|
Hierdie week rits Pasella saam met die jongspan rond met drie lekker aktiwiteite vir kinders. Ons bak en brou saam met die bobaas boeremusiek musikant Kosie Beukes, dan maak Hemelbesem sy joga-litte los saam met die sanggroep – Muzik Kids, en die veelsydige 7de Laan-akteur Vian Singleton sit voet in die hoek saam met Sasha-Lee. Onthou ook dié week is jou laaste kans om in te skryf vir ons groot kompetisie, waar jy 'n droom bootrit vir twee kan wen. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2. Bedankings: Bright Young Chefs Go with the flow family yoga studio Xtreme Indoor Go Karting Helpmekaar Kollege |