Danville Liggiehuis met Liane Heyl

19 Junie 2018

Ons vier al die dinge wat Kersfees spesiaal maak dié week op Pasella. Paul word betower deur Kersfeesliggies vir Afrika vir 'n goeie doel saam met die aktrise Liane Heyl en haar dogter, Willow.

Elke Desember word 'n huis in Danville opgetower met 150 000 liggies vanaf 1 Desember tot 1 Januarie. Behalwe vir die fisiese skouspel – is die liefdadigheidswerk wat hulle doen ook ‘n groot baken van hoop en lig in hierdie gemeenskap. 

Paul kry 'n voorskou van die kersfees-vertoning saam met die bekende aktrise van Vetkoekpaleis-faam Liane Heyl. Hulle ontmoet ook die Kersvader waarvoor kinders briefies kan skryf met versoeke. Liane het in 2015 'n kinder-dvd spesiaal vir kinders vrygestel en sy kom sing ‘n paar Kersfees-liedjies vir die spesiale groep kinders by dié Liggiehuis.

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.