Die vegan eet leefstyl

23 Januarie 2019

‘n Streng vegan is basies iemand wat enige dierlike produkte vermy. Behalwe vleis, sluit dit ook eiers en suiwelprodukte, in. Die term en eerste Vegan-gemeenskap/vereniging is in 1944 in Engeland deur ‘n skrynwerker, Donald Watson begin. 

Rumacques proe vegan roomys in Kaapstad en ontmoet die sanger Elandré wat dié leefstyl volg. 

Dié talentvolle, jong sanger, Elandré Schwartz is van Despatch in die Oos-Kaap en is ontdek toe hy ‘n snit op sosiale media geplaas het. Hy is in 2016 regstreeks op radio met ‘n platekontrak verras – ‘n lewenslange droom het vir hom waar geword terwyl duisende mense luister. Sy debuut-album is getiteld, Kleindorp-dromer. 

Koskrywer, blogger, veganista en diere-aktivis, Leozette Roode is die skrywer van die 'The South African Vegan Cookbook'. Sy kom uit ‘n Afrikaanse familie wat graag braai en hoender as ‘n groente te sien. Toe sy na skool die vegan-roete ingeslaan het, het sy dit moeilik gevind om ander vegans asook lekker resepte op te spoor. Sy het dit haar werk gemaak om vegans bymekaar te bring. Vandag het sy ‘n boek met 80 lekker vegan-resepte, asook ‘n blog met daaglikse vegan-inspirasie. Rumacques gesels met haar en vind meer uit van haar vegan leefstyl.