|
Kom aanboord saam met Pasella, want op Woensdag 6 Maart 2019 gaan ons saam op drie opwindende visvang-ekspedisies. Rumacques katrol visse in met paddavoete vanaf ‘n drywende tube op die Clanwilliam dam in die Wes-Kaap. Dan vaar Amalia die diepsee in om haar staal met ‘n visstok in Mosambiek te wys. Laastens sit ons aan vir 'n pure weskus feesmaal by die Muisbosskerm na ‘n dag op see met ‘n Lambertsbaai kreef-bakkie. Moet dit nie misloop nie, Woensdag 19:30 slegs op SABC2. Bedankings: Floattubes Gozo Azul Muisbosskerm Abalobi Die Kreefhuis |