|
In dié episode van Pasella stel ons drie buitelug-avonture op die proef. Amalia is in Mozambiek, waar sy die voorreg kry om te duik saam met dolfyne. Om die buitelug en natuur te kan geniet is fantasties – maar dit kom ook met ‘n verantwoordelikheid. Ons maak eers ons hande bietjie vuil langs die seewater – voor ons die kans kry om die seewaters saam met dolfyne langs die Mosambiek se kus te geniet. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.
|