|
Pasella gaan op drie buitelug-avonture en een van hulle is in Lesotho. Rumacques en die akteur Marcus Muller ry 4x4, vang vis en staar die hoogste kommersiële abseil-uitdaging ter wêreld aan. Sal hulle braaf genoeg wees vir dié uitdaging? Kyk Pasella Woensdag 6 Februarie 2019 om uit te vind.
|