|
Woensdag 2 Januarie laat wiel Pasella met drie unieke kostrokke. Die sanger Leon Gropp fynproe roomys van die Knickerboxer Ice Cream Company se roomystrok in Johannesburg, Die Dolphin krieketspan word bederf met ‘n vuurwarm spyskaart in Durban deur die Fudart StrEATERY kostrok en die Salty Flames braai-meester bederf twee manne van die nuwe film, Spelonk, met lekkernye uit die boonste rakke. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2. Bedankings: Fudart Streatery |