Die gourmet-kostrok-fenomeen is ‘n idee wat veral die afgelope paar jaar onder Amerikaners gewild geraak het. Paul besoek ‘n meer tradisionele maar immergewilde weergawe - die roomys-trok, waarby die soettande in Gauteng gereeld tou-staan. Eers ontmoet Paul vir Andrew Hollick, die man met 'n passie vir roomys wat The Knickerbocker Ice Cream Company begin het. Dan kry ons vir Leon Gropp, 'n bekroonde sanger, liedjie-skrywer, kitaarspeler, musikant, en ook deeltydse digter van Pretoria om saam roomys te kom proe. Hy't veral bekendheid verwerf as deel van die kitaar-duo, CH2, maar het in 2017 'n solo album bekendgestel wat met lof deur aanhangers ontvang is. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2. |