|
Ons kuier ‘n ‘storm los’ saam met die Stormers-rugbyspelers, Dillyn Leyds, Scarra Ntubeni, EW Viljoen en Jaco Coetzee op ‘n huisboot langs die weskus. Ons splinternuwe aanbieder Rumarcques Gelderbloem en die rugbyspelers maak die beste van die vars weskus lug en lagoon deur ‘n braai te hou en te gaan roei. Met groot glas vensters maak dié huisboot die beste van die beelskone uitsig. Dié huisboot weeg 130 ton en kan ‘n volledige rugbyspan en meer akkommodeer met slaapplek vir 24 gaste. Kraalbaai Luxury Houseboats BuyFresh |