Hemelbesem en die komediant en 'Kanarie' akteur Schalk Bezuidenhout eet egte Afrika-disse by die Lesedi Cultural Village. Lesedi Cultural Village is naby Broederstroom in die noorde van die Wieg van die Mensdom wêreld-erfenisgebied geleë. Ons maak 'n draai by die restaurant, 'Nyama Choma', wat letterlik ‘gebraaide vleis’ beteken. Die restaurant is onderverdeel in drie verskillende areas, elk met sy eie unieke atmosfeer, en hier kan mens ʼn wye verskeidenheid tipe vleis geregte vanaf krokodil tot volstruis uitprobeer. Schalk het in 2011 aktief in die komedie-scene betrokke geraak. Hy het in Kempton Park grootgeword waarna hy drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer het. Hy het intussen ‘n SAFTA as akteur gewen en is ook te sien in die film ‘Kanarie'. Kyk die voorprent vir 'Kanarie':
|