Vir haar eerste Pasella-avontuur gaan Amalia Sederberge toe saam met die sanger, Dirk van der Westhuizen vir ‘n grot-kuier. Kagga Kamma Natuurreservaat is sowat drie ure se ry van die Kaap af. Dié omgewing spog met ‘n interessante kombinasie van veldblomme en ‘n verskeidenheid wild sowel as rotstekeninge. Ons gesels met een van die vindingryke manne agter dié wegbreekplek en natuur-reservaat Willem de Waal. Dirk van der Westhuizen is ‘n 28-jarige sanger van Pretoria wat in 2009 voltyds begin sing het. Hy doen duidelik iets reg met sy musiekvideo, “Spoel My Af”, wat met meer as 1.3 miljoen trefslae spog. Kyk die video vir Dirk van der Westhuizen se treffel “Spoel My Af”:
|