Ons besoek Avontuur stoetplaas

21 Maart 2018

Hierdie week maak Pasella perde pelle. Amalia maak 'n draai by die stoetplaas Avontuur waar sy hoor van dié plaas se volbloed resiesperde en kampioene.

Behalwe vir die opwinding rondom groot perde-wedrenne in Suid-Afrik en die mode-uitrusting langs die veld wat daarmee saamgaan – lewer die bedryf ‘n groot bydra deur middel van werkskepping, in veral plattelandse gebiede, asook ‘n jaarlikse bydra van ongeveer R2.71 milijard tot die land se ekonomie.

Perde-telery het in 1652 begin, waarna volbloed-perdetelery in 1792 plaaslik posgevat het.

Daar is baie elemente wat moet saamwerk om ‘n land se perde-resies-bedryf suksesvol te maak en jy gaan beslis nie ver kom sonder die regte resiesperd nie. Avontuur is ‘n stoetplaas wat sedert die 1980’s met volbloed resiesperde teel en met groot kampioene spog.