|
‘n Groentetuin in ‘n 1 x 1-meter pot
Benodigdhede: ‘n Plantpot van 1 x 1 meter en 60 cm diep
Metode: Sit die obelisk in die middel van die houer sodat die boontjies teen dit kan oprank. Plant die bone onder die obelisk en rank hulle op as hulle begin groei. Begin met groter plante eerste – rooi en groen spinasie in die hoeke. ‘n Seldery ook in ‘n hoek. Twee soorte pietersiele, basiliekruid, grasuie oral tussen-in. Plant tiemie en salie teen die kante want hulle hou van oorhang. Plant die slaaiblare naby die spinasie want spinasie groei op en gee genoeg spasie vir die slaai om te groei. Petunias gee kleur en hou goggas weg. Gee genoeg kos en water en pluk elke dag om jou tuintjie gesond te hou.
|