Dis gesog wêreld-wyd, maar kom net teen die Afrika-kus van Walvisbaai tot Oos-Londen voor – weskus-kreef. Pasella kry ‘n kykie in die lewe van die Lambertsbaai-vissermanne wanneer ons saam met hulle uitgaan op een van die plaaslike trawlers. Daar word elke seison ongeveer tien ton kreef in en om die dorp uitgehaal, en dié week op Pasella gaan Rumacques eerstehands beleef wie die ouens is, wat sorg dat hierdie lekkerny vir mense regoor die wereld opgedis word. Wees deel van dié leerskool, Woensdag 19:30 op SABC2. |