SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

BLOU: Groen is die nuwe blou vir swembaddens

Maak 'n Afdruk Afdruk
Dieter en Jerome
Voltooide natuurlike swembad
Jerome drink die 'groen' water
Vleiland langs natuurlike swembad
Dieter, Nino en Jerome by 'n natuurlike swembad
Selfversorgende natuurlike swembad
Plante in natuurlike swembad
Dieter by natuurlike swembad
Gewese blouswembad nou groen
Groen verwys na ekovriendelike, oftewel natuurlike swembaddens wat na ʼn aanvanklike installeringsperiode, sonder enige chemikalieë funksioneer. Die eerste hiervan is in Oostenryk gebou en deesdae is daar in Europa meer as 200 000 van die swembaddens. Hier by ons neem sy gewildheid vinnig toe, omdat groen denke deesdae ʼn noodsaaklikheid is.

Dr. Jerome Davis, die stigter van die maatskappy aQua-design, het self ʼn Ph.D in bio-ingenieurswese en staan aan die voorpunt van die tegnologie in Suid-Afrika. Hy wys ons drie swembaddens in verskillende stadia.

Hy verduidelik dat die groot verskil tussen ʼn konvensionele swembad en ʼn natuurlike swembad die volgende is: in ʼn konvensionele (blou) swembad probeer ʼn mens “alles doodmaak”, terwyl jy in ʼn natuurlike swembad “lewe bevorder”. Daarmee bedoel hy dat chemikalieë heeltemal afwesig is in ʼn natuurlike swembad en dat ʼn inheemse ekosisteem langs die swemarea gevestig word. Hierdie onafhanklike biosisteem van plante, mikro-organismes, insekte en die regte grondstowwe reguleer die water dan op ʼn natuurlike manier en sorg uiteindelik vir sulke skoon water dat jy dit selfs kan drink.

Die biosisteem word beskryf as ʼn mini-vleiland en kan reg langs die swembad of op ʼn ander plek in jou tuin gevestig word en dan met pype aan die swemarea verbind word. Gelukkig hoef jy nie te bekommer oor muskiete nie, want hulle broei graag in ʼn omgewing met min suurstof, terwyl ʼn natuurlike swembad se water as gevolg van voortdurende sirkulasie hoë suurstofvlakke het.

ʼn Klein aantal visse kan ook in die swembaddens aangehou word, solank hulle aan die swemkant bly. As hulle toegang tot die mini-vleiland kry, versteur hulle met tyd die delikate inseklewe.

Daar is beslis ook ʼn besparingsfaktor wanneer dit by hierdie swembaddens kom. Jy gebruik tot 60% minder elektrisiteit vir instandhouding en het natuurlik geen onkostes om chemikalieë aan te koop nie. Die aanvanklike kostes mag dalk duur klink, maar na ongeveer 2 jaar is so ʼn swembad basies selfonderhoudend. Om ʼn bestaande swembad in so ʼn ekovriendelike een te omskep sal jou tussen R35 000 en R50 000 kos, terwyl ʼn nuwe groen swembad jou so R55 000 uit die sak sal jaag.

Die beplanningsfase van so ʼn swembad is belangrik en om dit te bou, kan tot 3 maande neem. Dit moet op die korrekte manier in die natuur inpas en die son, wind en plante wat naby groei moet alles in ag geneem word.

Die tipe water hou ook gesondheidsvoordele in, omdat dit besonder sag op die vel en hare is. Die gebrek aan chloor maak dit ook geskik vir kinders wat byvoorbeeld aan asma ly. ʼn Verdere voordeel is dat dit selfs as wateropvangsgebied kan dien, wat dan met jou kombuis verbind kan word om water in die huis te voorsien.

Met so ʼn swemplek kan jy jou koolstof-voetspoor aansienlik verklein omdat jy geen chemikalieë nodig het nie en jou elektrisiteitsverbruik aansienlik afneem. Boonop skep jy ʼn veilige nuwe tuiste vir paddas, klein voëltjies en insekte.

Pasella sê graag dankie aan:

Nino Macingwane

Dr. Jerome Davis
Tel: 021 761 3759
Jerome@naturalswimmingpools.co.za
www.naturalswimmingpools.co.za

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development