Februarie is die maand van liefde en Pasella kuier by drie romantiese wegbreekplekke. Amalia en haar man Shaun boek in by ‘n stukkie hemel langs die Mosambiek se kus, die 2018 Comrades-wenner, Ann Ashworth en haar man David ontspan in KwaZulu Natal, en ‘n Namibiese paartjie wie se ware liefdesverhaal eersdaags in ‘n film omskep word, geniet ‘n kuiertjie in die ongerepte vlaktes van Namibië saam met Sasha-Lee. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2. Bedankings: Otjimbondona White Pearl Resorts Cleopatra Mountain Farmhouse
|