Amalia en haar man geniet Mozambiek

13 September 2019

Pasella vier die maand van liefde met drie romantiese wegbreekplekke en drie gelukkige paartjies. Een van hulle is one eie Amalia en haar man Shaun.

Hulle het in 2017 die knoop deurgehaak. Shaun is ‘n water-tegnoloog en albei het besige skedules en dit is altyd ‘n lekkerte om bietjie saam weg te gaan en nuwe plekke saam te ontdek.

Wit strande en kristal-helder water is wat vir hulle wag by die White Pearl Resort naby Ponta da Aura in Mozambiek. 

Moet dit nie misloop nie! Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.

 

 

 

 

Pasella verken drie romantiese wegbreekplekke. Die White Pearl Resort is naby Ponta da Aura in Mosambiek.