Dankie aan al ons kykers

17 Julie 2019

Pasella het dié seisoen die meeste pryse nog weggegee! 

Elkeen van ons 26 episodes het drie unieke dinge gewys en ons het ons kykers regoor die land gevat met ons avonture. Ons het ook vir kykers die kans gegee om egte Suid-Afrikaanse ervaring te wen. Ons het ook gekuier saam met bekendes en bekroondes en Pasella het plekke besoek waar ons nog nooit was nie. 

Dié seisoen het ook spesifiek vir kykers gegee wat hulle wou gehad het. Ons het deur sosiale media vir kykers gevra wat hulle graag wil sien en het twee episodes gemaak met ses kykers se keuses. Die kykers en hul gunsteling bekende kon saam op hul droom avontuur gaan en so het ons nog klein dorpies, waterparke, olifantparke en meer gesien!

Hou SABC2 sowel as ons sosiale media dop om te sien wanneer Pasella terug sal wees op die kassie.