|
Woensdag 9 Januarie op Pasella wys ons drie indrukwekkende voorkoms-transformasies vir die nuwe jaar. Pasella-kyker Annetjie Enslin van Delmas klok in vir ‘n mooi-maak-sessie saam met die voorkoms-konsultant, Darlene Bayley, die styl-ghoeroe Alette-Johanni Winckler neem vir Corrine Morris van die Kaap onder hande en die komediant, Casper de Vries kry ‘n jas wat netjies pas – by sy splinternuwe haardos. Moet nie dié transformasies misloop nie! Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2. Bedankings: The Imageprenuer |