STOOM: Stomend Warm!

02 September 2011

Dieter en sjef in die kombuis

Stoom as gaarmaakmetode word beskryf as kokende water wat deur middel van stoom hitte oordra na die kos wat gaargemaak word. Toerusting is van basies tot outomaties en Sjef Selwyn October wys ons ‘n paar. Hy het ‘n visketel gebring, ‘n elektriese stomer, ‘n bamboesstomer en ook ‘n doodgewone vergiettes wat almal in hul kombuiskaste het.

Marlo Carstens is van die tydskrif, Vrouekeur, en sy begin met ‘n gesonde, gestoomde ontbytdis. Daarvoor het sy droë vrugte saamgebring wat sy met jogurt, kaneel en pistachioneute bedien.

Gestoomde vrugte hou goed in die yskas, maak dus sommer ‘n klomp oor ‘n naweek vir die week se ontbyt.
Volgende aan die beurt is ‘n heerlike vetvrye hoenderslaai. Die hoender  word in mango- en heuning gemarineer in ‘n bamboesstomer gaargemaak.

Onthou jy kan enige stoomaparaat gebruik, en as jy nie ‘n kastrol het waarop ‘n bamboesstomer soos dié pas nie, gebruik ‘n wok.

Laaste aan die beurt is ‘n gestoomdewortelpoeding  wat met maaskaas, heuning en kaneel afgeroend word. Al wat hierna oorgebbly het, was om lekker te eet in die tuin van die Muldersvlei landgoed naby Stellenbosch. Net om jou verder te oortuig – as jy byvoorbeeld groente stoom verminder die foliensuur en Vitamien C met 15% terwyl daar andersins 35% verlore gaan. So, vergeet van bak, braai en kook, want dit blyk dat stoom die room van gesond eet is!

Pasella bedank graag:

Stellemploy Training Centre
T: 021 886 6993
E: stellemploy@xsinet.coza

Vrouekeur Tydskrif
T: 011 473 8700
E: vrouekeur@caxton.co.za
www.vrouekeur.co.za

Muldersvlei Estate
T: 021 884 4433
E: info@muldersvlei.co.za
www.muldersvlei.com

Kosmaak met 'n stoommetode
Heuning en mangosap vir Marinade
Bestandele vir gestoofde vrugte resep
Bestandele vir gestoofde vrugte resep
Hoenderborsies word gestoom
 
Stoom as gaarmaakmetode word beskryf as kokende water wat deur middel van stoom hitte oordra na die kos wat gaargemaak word. Toerusting is van basies tot outomaties en Sjef Selwyn October wys ons ‘n paar. Hy het ‘n visketel gebring, ‘n elektriese stomer, ‘n bamboesstomer en ook ‘n doodgewone vergiettes wat almal in hul kombuiskaste het..
Marlo Carstens is van die tydskrif, Vrouekeur, en sy begin met ‘n gesonde, gestoomde ontbytdis. Daarvoor het sy droë vrugte saamgebring wat sy met jogurt, kaneel en pistachioneute bedien.
Gestoomde vrugte hou goed in die yskas, maak dus sommer ‘n klomp oor ‘n naweek vir die week se ontbyt.
Volgende aan die beurt is ‘n heerlike vetvrye hoenderslaai. Die hoender  word in mango- en heuning gemarineer in ‘n bamboesstomer gaargemaak.
Onthou jy kan enige stoomaparaat gebruik, en as jy nie ‘n kastrol het waarop ‘n bamboesstomer soos dié pas nie, gebruik ‘n wok.
Laaste aan die beurt is ‘n gestoomdewortelpoeding  wat met maaskaas, heuning en kaneel afgeroend word. Al wat hierna oorgebbly het, was om lekker te eet in die tuin van die Muldersvlei landgoed naby Stellenbosch.
Net om jou verder te oortuig – as jy byvoorbeeld groente stoom verminder die foliensuur en Vitamien C met 15% terwyl daar andersins 35% verlore gaan. So, vergeet van bak, braai en kook, want dit blyk dat stoom die room van gesond eet is!
Pasella bedank graag:

Lees Ook: