|
Ons nuwe Pasella-aanbieder, Amalia Uys ontdek ‘n diere-hotel met ‘n sterk fokus daarop om hawelose diere in te neem. Woodrock Animal Rescue is ‘n nie-winsgewende organisasie wat reeds in 1992 begin is. Die gronde van sowat 8.5 hektaar in die Hennopsriviervallei buite Johannesburg gee die honde ruimte om na hartelus te baljaar. Die hoofdoel van Woodrock is om vir elke hond wat hulle red ‘n goeie huis te kry. Behalwe vir die diere-hawe bedryf hulle ook ‘n honde-hotel om die organisasie te help finansier. Nes die reddings-afdeling bied die hotel getroue toesig, lugversorging, ‘n lekker lê-plek en oorgenoeg aandag. Behalwe vir honde is daar ook plek vir konyne, donkies, varke en katte, terwyl die kleiner hondjies ‘n spesiale afdeling van hul eie het. Ons ontmoet Noel Ngwata, een van Woodrock se medewerkers met ‘n groot hart vir honde. Dan maak ons ‘n lekker hondehappies en gaan vir ‘n stappie. Hier die resep vir die hondehappie wat ons gemaak het: Lewerbrood-resep Bestanddele: Bedankings: 084 585 2418 |