Wolf Sanctuary

14 Februarie 2018

Hemelbesem en Paul besoek die Wolf Sanctuary naby Plettenbergbaai waar ons bietjie meer uitvind oor ware wolwe. 

Wolwe is die grootste weergawe van die honde-familie. Anders as wat mense mag dink – vermy hulle eerder konflik as om dit op te soek. Dié sanctuary is reeds sowat 16 jaar aan die gang. Ons ontmoet die Waya Pack, wat bestaan uit twee wyfies en ‘n mannetjie. 

Dan vertel Paul ons natuurlik van sy eie obsessie met wolwe. Hy het sy eie pack en het sy seuntjie selfs vernoem na sy gunsteling-diere. 

Volgende ontmoet Hemelbesem die Arapaho Pack en later leer Paul die Rambo-pack bietjie te ken.

Dis Pasella, Woensdae 19:30 om SABC2.