SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

22 Junie 2011: Silwer

Maak 'n Afdruk Afdruk
Silwer ketel Baie van ons het iewers in 'n kas 'n ou melkbeker of suikerpotjie wat ons vermoed dalk silwer kan wees. Oudhede-ghoeroe Jo-Marie Rabe wys ons hoe om te onderskei tussen silwer en geplateerde silwer.

Meeste silwervoorwerpe is uit Engeland ingevoer so ons kyk eerste na die identifikasie van Engelse silwer. Silwer is te sag om gebruiksvoorwerpe soos teepotte, blompotte of eetgerei van te maak. Dus moet dit altyd met 'n ander metaal, soos koper gemeng word om seker te maak dat dit hard genoeg is. Engelse sterlingsilwer het altyd 925 deeltjies silwer vir elke 1 000 deeltjies metaal.

In 1300 is bepaal dat alle silwer en ander edelmetale getoets en gemerk moes word. Sodoende het potensiële kopers presies gekry waarop hulle geregtig was. Wie het gesê verbruikersregte is 'n moderne konsep?

Die spesifieke sisteem van waarmerke soos dit vandag nog in Engeland gebruik word, het in 1773 in Birmingham ontwikkel. Waarmerke word met stempels aangebring en kom altyd in stelle voor. 'n Stel bestaan uit 'n standaardmerk, stadsmerk, jaarmerk, belastingmerk en die maker se merk.

'n Merk om voor uit te kyk, is die Sterling of standaardmerk. Met klein variasies het dit altyd die profiel van 'n leeu. Net egte silwer mag met hierdie stempel gemerk word. So wanneer jy dit sien weet jy dis egte silwer. Die ander merke in die stel verskil van stuk tot stuk en om dit te kan interpreter, het mens 'n basiese kennis en ‘n baie goeie boek nodig.
Silwer waarmerke in boek
Waarmerke op silwer items
Silwer lepel
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development