Beesstert Kasserol

2 x Beessterte (opgesny)
10ml Sout
2ml Swart Peper
20ml Worcester Sous
10ml Aromat
2 x Chilli’s
2 x Knoffel huisies (opgesny)

Sny die ergste vet van die beessterte af en dan plaas die beessterte in ‘n groot stoompot. Voeg bogenoemde bestaandele by tesame met een liter water (genoeg om ¾ van die beessterte te bedek). Stoom vir ‘n half uur, laat afkoel en dan haal die kleiner beesstert beentjies uit en bere eenkant. Stoom die grote beentjies vir nog ‘n 20 minute, haal uit en bere met die res van die beesstert. Die vlooistof wat oorbly in die stoompot sal later gebruik word, so, moenie weg gooi nie.

 

2 x Uie (gekap)
4 x Aartappels (kwarte gesny)
6/8 Seldery Stingels (30mm stukkies gesny)
200 ml Droe Wit Wyn (Chardonnay)
1 x blik Woolworths “Creamy Tomato soup”
30ml Bruin suiker
50ml Suurlemoensap
5ml Soet Basil
2 Lourierblare
1ml Tiemie
4 Groot Wortels (30mm stukkies gesny)
1 Blik Woolworths Botte bone
30 ml Gekapte Pietersielie

Verhit ‘n klein bietjie kookolie in ‘n kasserolbak oor matige hitte en soteer die uie en die seldery stukkies. Voeg die beessterte by en soteer verder vir ongevier 5 minute. Die res van die bestaandele (behalwe die botterbone en die pietersielie) kan nou by die beesterte geplaas word, saam met 200ml van die sous wat in die stoompot oorgebly het. Sit die deksel op en bere in die oond op 180 grade vir ‘n uur of tot die groente goed gaar is. Haal die deksel af en voeg die botterbone by. Kook ‘n verdere tien minute. Garneer met pietersielie en bedien met Basmati Rys.

Wenk: ‘n ander opsie is om die vleis te bedien met Samp en Bone (in hierdie geval, los die botterbone uit die resep bo).


Lees Ook: