|
Vanaand waai die hare op Pasella met ‘n besoek aan drie unieke haarsallone en by ons eerste stop word Martin Bester se baard by ‘n altneratiewe salon getem. Die bekroonde radio-omroeper en sanger, Martin Bester is al vir meer as 2 dekades in die vermaaklikheidsbedryf. Hy is die hoofsanger van die SAMA-benoemde groep, Kinky Robot en het in 2016 ook sy eerste Afrikaanse solo-album vrygestel. Paul ontmoet vir Martin by Freedom Hair in Melville waar hulle albei ‘n beurt in die stoel kry. Bedankings: Freedom Hair |