|
Hierdie week gooi Pasella ‘n piekniek-kombers oop by drie botaniese tuine. Die groep Adam en die vrouens in hul lewe geniet ‘n maanlig-piekniek in Johannesburg. Adam se 6de ateljee-album Bewe is in 2018 vrygestel met treffer-snitte soos ‘Sê my’ op die speel-lys. Hugo, Reynardt en Kyle het die vrouens in hul lewe saamgebring vir ‘n heerlike piekniek-ervaring. Hulle kuier saam met Paul en hoor meer van die beeldskone Walter Sisulu tuin wat hulle besoek.
|