Pasella duik in Mozambiek

30 September 2019

Op dié episode van Pasella besoek ons drie buurlande. Amalia duik in Mozambiek en vind meer uit oor dié kusland se seeskilpaaie se broeiproses.

Ons resi begin by Ponta do Oura, ook genoem ‘Point of gold’, geleë aan die mees suidelike punt van Mosambiek se kus, sowat 15 km vanaf die Suid-Afrikaanse grenspos by Kosibaai. ‘n Groot deel van die area se bekoring is die ryk seelewe en koraal-riwwe. Dit is deel van ‘n bewaringsgebied om veral die seeskilpaaie wat jaarliks hier broei, te beskerm. 

Die seeskilpaaie se broeityd is vanaf November tot Maart en Amalia praat met kenners en besoek die strand in die aand om eerstehands te sien hoe die seeskilpaaie te werk gaan met hul nesskrop.