Rhino Pride met Leon Schuster

14 November 2018

Rhino Pride is ‘n instansie wat dit hulle lewenstaak maak om renoster-stropery so pro-aktief as moontlik te beveg. Bewusmaking bly ‘n groot deel van hulle sukses. So toe hulle benader is om by Leon Schuster se nuwe film, Frank & Fearless wat ‘n sterk renoster-stroop-plot het, betrokke te raak het Dr Jana Pretorius haar nie twee keer laat nooi nie.

Rhino Pride is in 2015 deur Dr Jana Pretorius gestig is om renosterstropery teen te staan. Hulle fokus daarop om met goeie tegnologie en waarskuwings-sisteme ‘n veilige hawe vir renosters teen stropers te skep. Deel van hulle beweging is ook ‘n weeshuis vir renosters wat wees gelaat is deur stropery, terwyl hulle uit hulle pad uit gaan om bewusmaking rondom die situasie te generereer.

Leon Schuster se nuwe Fliek Frank & Fearless se storie gaan oor Frank en sy vriend, Fearless wat renoster-stropers laat les opsê.

Die fliek, wat in Afrika afspeel, neem jou op ’n opwindende avontuur wanneer ’n hartlike ou man, Sonny Frank (Leon Schuster), en ’n tienjarige plattelandse Afrika-seun, Fearless (Themba Ntuli), besluit om Suidoos-Asië se ambassadeur te ontvoer in ’n poging om die uitmoor van renosters stop te sit. Saam met hulle op hierdie missie, is twee viervoet-vriende, wat bydra tot die pret en hart van die verhaal. Reini is ’n babarenoster wie se ma deur stropers doodgemaak is en Dog is Fearless se lojale swart brak. Wanneer dinge egter erg skeefloop, word hulle gedwing om ’n peleton genadelose stropers aan te vat, waaronder die skrikwekkende eks-wildbewaarder, Dolf (Kenneth Nkosi), met wie Sonny ’n geskiedenis het. Die emosionele hart spruit, natuurlik, voort uit elke karakter se persoonlike reis. 

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.