|
Woensdag 3 April 2019 gaan Pasella op drie kykers-keuse-avonture! Gillian Carolus neem Oudtshoorn op horings saam met haar gunsteling akteur Francois Lensley, wat alombekend is vir sy rol van Marko op 7de Laan. Pasella-kyker Lize van Wyk verken die sprokieswêreld van Hogsback en Stutterheim saam met die aktrise en aanbieder Kim Cloete, en Ruwaydah Swartz verf die rooibostee-hoofstad van die wêreld, Clanwilliam, nog rooier - saam met 7de Laan se Vanessa - Ingrid Paulus. Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2. Bedankings: Rooibos Bpk Nancy’s Tearoom Cango Wildlife Ranch Cango Caves The Shire Eco Lodge Eco Shrine |