Ons gesels oor die film Liewe Lise op die Nauticat

20 Junie 2019

Sasha-Lee gesels met die broers Johan en Hendrik oor hul nuwe film 'Liewe Lise' aanboord die Nauticat skip.

Jy mag Hendrik dalk herken as Lucas van 7de Laan, maar dié man het nog altyd ‘n liefde vir die filmbedryf gehad. Saam met sy broer Johan het hulle 'n nuwe film gemaak genoem Liewe Lisa, wat 14 Februarie begin draai. Sasha-Lee hoor by hulle oor dié film en hul blink toekoms in die filmbedryf. Hulle gaan dan ook op 'n boot-toer op die Nauticat skip net buite Houtbaai. 

Moet dit nie misloop nie, Woensdag 19:30 op SABC2.